Kom kuier saam met Bruis

in Gauteng

Bruis gaan in Gauteng kuier – en jy’s genooi!
Kom vier die herfs en sommer ook die lewe saam
met ons op ’n baie spesiale kuieroggend.

Amore Bekker

Hannes van Wyk

Je-ani Swiegelaar

Germandt Geldenhuys

CASA SOCIAL DA MADEIRA,
BOSCHKOPPAD,
ZWAVELPOORT,
PRETORIA

Datum: Saterdag 15 Maart 2025
Tyd: 09:00 tot 13:00
Koste: R560 per persoon

Die kaartjies sluit ’n laatontbyt in.

Topsprekers en -vermaak

Die program sluit sprekers en vermaak uit die boonste rakke in. Hannes van Wyk, gewilde akteur en aanbieder van die televisieprogramme Kwêla en Hannes aan Huis, en Amore Bekker, radiopersoonlikheid en raakprater van formaat, is die sprekers.

Hannes se roerende praatjie oor sy eie lewenservarings gaan almal meevoer. Sy nuwe parfuumreeks vir mans en vroue sal ook te koop wees. Amore gaan gaste vermaak met haar eie Griekse tragedie soos net sy kan. Haar boek oor engele sal ook te koop wees.

Tussendeur die praatjies en lekker eet gaan Germandt Geldenhuys, wat die rol van Louis Koster in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk, ons op sy lieflike sang trakteer.

Je-ani Swiegelaar, wat die rol van Louis Koster se vrou, Naomi, in Binnelanders speel, is ons seremoniemeester.

Laatontbyt, pryse, stalletjies

’n Keurige laatontbyt sal voorgesit word. Soos gewoonlik, gaan wonderlike pryse in gelukstrekkings weggegee word en elke gas sal met ’n geskenksakkie vol lekker verrassings huis toe gaan.

Daar gaan ook stalletjies wees waar jy ’n verskeidenheid van interessante produkte en artikels sal kan koop – die ideale kans om verjaardaggeskenke of bederfies aan te skaf. Die stalletjies sal oopmaak ’n uur voordat die kuieroggend begin en ook na afloop van die verrigtinge oop wees; daar sal genoeg tyd vir inkopies wees.

Om die kroon te span op al dié heerlikhede gaan verskeie geliefde legendes kom saamkuier. Hou Bruis se Facebook-blad dop vir aankondigings oor wie almal daar gaan wees …

Ons kuieroggend gaan ’n gesellige, bruisende geleentheid wees – maak seker jy’s daar!

BESPREEK JOU KAARTJIE SÓ:

Jy kan op een van drie maniere plek bespreek:

Bespreek jou plek nóú … ons sien uit om jou daar te hê!

WIL JY ’N STALLETJIE BESPREEK?

Om ’n stalletjie te bespreek: