Oor Bruis

Bruis” beteken om te vonkel, te borrel, te vier – en dis presies wat hierdie tydskrif wil doen. As jy bo 50 is, is jy in die beste fase van jou lewe. Mense leef deesdae langer, tree later af, begin ’n nuwe loopbaan en is op hul produktiefste tussen 50 en 80. Navorsing het bewys jy bereik die toppunt van jou potensiaal op 60 en dit strek tot 80.
Bruis wil jou help om daardie vlam van voor af aan te blaas en hierdie fase in jou lewe te geniet.
Bruis wil jou inspireer deur stories oor onderwerpe wat jóú raak: van bekendes en minder bekendes wat woel en werskaf en floreer, tot kwessies en kwale waarvoor kundiges raad bied. En lekkerlees-stories om te geniet. Plus heerlike, gesonde resepte van Ina Paarman.
Jy kan Bruis elke tweede maand in gedrukte formaat op die winkelrakke verwag, of aanlyn op ons webtuiste. Lekker lees!

Trudie Myburgh Media

TM Media Logo
  • Egretstraat 2
  • Flamingo Vlei
  • Table View
  • Kaapstad 7441

082 603 8134

Webblad ontwikkel, onderhou en gehuisves deur Webcore Online Solutions © 2024, alle regte voorbehou.