Video’s
Antoinette gesels
WAT IS OP JOU WENSLYSIE?
Dis altyd vir haar so interessant om te hoor wat is daai een ding wat mense nog eendag wil doen, sê Antoinette Pienaar. Die een ding op haar lysie wat sy régtig graag wil doen – hoewel sy sterk twyfel om sy ooit daarby gaan uitkom – is om ‘n “doughnut” te maak op ‘n motorfiets. Daai sirkel wat jy om en om in die rondte draai. En ‘n ekstra bonus sal wees om die motorfiets se neus in die lug op te tel.
Antoinette gesels
WINTERWERKE OP THEEFONTEIN SE WERF
Oom Johannes het haar so mooi geleer watter winterwerke moet op Theefontein in plek kom voordat die winter regtig hier is, vertel Antoinette Pienaar. Heel eerste moet sy die houtbos met ‘n handsaag invaar om te gaan hout haal. Gelukkig is saag vir haar soos fietsry – dis nie iets wat jy verleer nie. Dit laat dink haar met nostalgie terug aan haar Carnarvon-dae toe haar mamma haar gehelp het om klere te ruil uit kiste vol motbolle.
Antoinette gesels
DIE WAARHEID IS VERSTEEK IN DIE LAASTE WOORD
Oom Johannes het altyd gesê: “’n Mens moet luister na iemand se agterste woord.” As sy na die radio op die plaas luister, weet sy nie wat om te glo en wat nie, sê Antoinette Pienaar. Ons lewe in ‘n wêreld waar die vals informasie groot goed insluit. As iemand sy tong gebruik om jou so deurmekaar te maak dat jy glad nie weet waar jy is nie, moet jy net wag vir die laaste gedeelte. Gewoonlik, teen die laaste woord, kan iemand nie meer ‘n leuen hou nie. Dan wys hy sy ware kleure.
Antoinette gesels
WAT SOU JY KIES OM TE VERSAMEL?
Sy verwonder haar aan mense wat goed versamel, vertel Antoinette Pienaar. Sy dink spesifiek aan ‘n oom van Carnarvon wat seëls versamel het. Dis amper asof daar ‘n kerkgevoel in die kamer was waar hy sy seëls gehou het. Oor die jare het sy ook ander interessante versamelaars ontmoet. Selfs iemand wat teelepels versamel. Dis nou nie iets wat sy gedink het iemand bymekaar sal wil maak nie. Totdat sy daarna gekyk het! Mense wat net een ding soek, fassineer haar. En dit het haar laat dink… wat sal sy wil versamel?
Antoinette gesels
AS KLEDINGSTUKKE BESTE VRIENDE WORD
Sy is ‘n vreeslike sentimentele mens, vertel Antoinette Pienaar. Sy het kledingstukke wat al meer as 20 jaar oud is. Hier het een ‘n gaatjie en daar is een ‘n bietjie geskeur, maar dit voel tog of dié truie en broeke wat nou al jare saam met haar kom, onder haar beste vriende tel. Die kledingstukke ken immers haar liggaam en haar reuk. Dit raak soos ‘n tweede vel.
Antoinette gesels
IS JY ‘N OUPA- OF ‘N OUMA-KIND?
Nadat sy gehoor het Soli Philander is huis toe, het daar oral beelde en onderhoude van hom opgespring, vertel Antoinette Pienaar. Die mooiste onderhoud wat sy gehoor het, was op RSG, waar hy hulde gebring het aan sy ouma. Soli was ‘n ouma-kind. Sy ouma het al doerie tyd vir hom gesê: “My kjend, jy is nie soos anner kinners nie. Al wat jy hoef te weet, is jy is baie, baie spesiaal.” Dit het haar herinner aan oorlede oom Johannes, wat weer ‘n oupa-kind was.
Sien meer
Trudie Myburgh Media
- Egretstraat 2
- Flamingo Vlei
- Table View
- Kaapstad 7441
082 603 8134
Webblad ontwikkel, onderhou en gehuisves deur Webcore Online Solutions © 2020-2026, alle regte voorbehou.