Video’s

Antoinette gesels

ONTMOETING TUSSEN KAT EN HOND

Antoinette Pienaar sê dit was omtrent ‘n storie om haar twee nuwe worshonde, Giuseppe en Felipe, aan die res van die diere op Theefontein voor te stel.

Antoinette gesels

LIEFDE VIR DIERE

Antoinette Pienaar van Theefontein sê sy het in hierdie wêreld ingekom met ‘n groot liefde vir diere. Behalwe… die koringkriek! Sy’s veral baie lief vir ‘n kokkewiet.

Antoinette gesels

OM ‘N VREUGDEVUUR TE MAAK

Antoinette Pienaar van Theefontein sê jy kry vuur… en dan kry jy vuur. Die dag as sy ‘n vreugdevuur maak, verbrand sy alles wat al só tot niet is dat sy dit nie meer kan weggee nie.

Antoinette gesels

HOE OM JOU KOP STIL TE KRY

Antoinette Pienaar van Theefontein glo nie sy is die enigste mens wie se kop raas nie. Daarom loop sy gereeld op haar werf rond en dink aan maniere om haar gedagtes stil te kry.

Antoinette gesels

DERMATOLOOG SE NAGMERRIE

Antoinette Pienaar van Theefontein sê sy kry baie mense wat navraag doen oor haar velsorgprodukte. As jy ‘n dermatoloog is, gaan maak eers ‘n koppie tee… met baie suiker!

Antoinette gesels

GESKENK VAN LUISTER

Antoinette Pienaar van Theefontein sê hierdie tyd van die jaar gee ons vir mekaar tasbare geskenke om ons liefde te wys. Maar die grootste geskenk wat jy iemand kan gee, is om te luister…

Antoinette gesels

ANTOINETTE, DIE LIKKEWAAN EN DIE LEUEN

Antoinette Pienaar van Theefontein glo daaraan om altyd die waarheid te vertel. As jy ‘n leuen vertel, selfs oor ‘n likkewaan wat jou kalkoen se eiers gesteel het, gaan jy uitgevang word…

Antoinette gesels

EINDE VAN DIE JAAR SE MOEG

Antoinette Pienaar van Theefontein sê as dit einde van die jaar raak, dan is almal moeg… en dis swaar om opgewonde te wees oor elke nuwe dag.

Antoinette gesels

TANDE EN TOONNAELS

Antoinette Pienaar van Theefontein sê as daar nou een, of dan twee, goed is wat met die ouderdom verander, is dit tande en toonnaels.

Antoinette gesels

VAAL IS OOK MOOI

Antoinette Pienaar het ‘n voorliefde vir vaal, en onthou nog hoe geskok sy as jong student in Stellenbosch se groen was.

Antoinette gesels

VERLANGE NA WAT WAS:

As dit skemer raak op Theefontein, verlang Antoinette Pienaar na mense en dinge wat was…

Antoinette gesels

MOOI VAN DIE STERRE:

Op Theefontein is daar baie mooi, en een van daai mooi is die sterre. Antoinette Pienaar vertel jy kan sterre sien dat jy naderhand agteroor val.

Antoinette gesels

DIE STORIE VAN AMPER STEEL:

Het julle al gewonder waar kom die beendere van die kameelperd vandaan wat in Antoinette Pienaar se huisie se dak op Theefontein hang en wat sigbaar is in haar video’s? Dis ‘n wettige skoonheid, gee sy die versekering.

Antoinette gesels

DIE MÔRESTOND HET GOUD IN DIE MOND:

Noudat die oggende bietjie warmer is, stap Antoinette Pienaar soggens op haar werf en voel hoe die môrestond se goud oor haar breek.

Antoinette gesels

STILTE SE WOORDESKAT:

Antoinette Pienaar vertel toe sy ná Bruis se onlangse kuierdag in die Kaap weer terug is op Theefontein, het sy opnuut besef dat stilte sy eie woordeskat het.

Antoinette gesels

IS NUL WERKLIK NIKS?

Die afgelope tyd wonder Antoinette Pienaar van Theefontein of nul werklik niks is… Want as jy deur nul kyk, sien jy wat jy móét sien.

Antoinette gesels

KAIINGS:

Wie van julle ken kaiings? Daardie lekker stukkies uitgebrande vet… Wel, dis iets waarvoor Antoinette Pienaar haar voortande sal gee, bieg sy.

Antoinette gesels

TINKTINKIE OP DIE STOEP:

Die afgelope twee, drie weke is daar ‘n bedrywige tinktinkie op Antoinette Pienaar se stoep op Theefontein. En sy wonder of dit regtig die beste plek is vir dié voëltjie om te sing…

Antoinette gesels

PERSKEBLOEISELS:

Vir nou geniet Antoinette Pienaar die sagte bloeisels van haar perskeboom op Theefontein… met die hoop dat sy vanjaar weer lekker perskes van dié boom sal kan eet.

Antoinette gesels

MOOI WEER EN WARM:

As daar nou één ding is wat jy nié vir ‘n boer moet sê nie, is dit “mooi weer en warm”. Want dit beteken net mooi niks nie, sê Antoinette Pienaar van Theefontein. Sy deel wenke hoe om die weer te lees.

Antoinette gesels

HUISBROOD:

Antoinette Pienaar het grootgeword met haar ma se huisbrood, maar eers toe sy op Theefontein kom, het sy sélf die kuns van broodbak bemeester. Oom Johannes het geglo as jy begin knie, moet jy heilige gedagtes in jou kop hê, vertel sy.

Antoinette gesels

KLIPKRALE:

As daar nou een ding is wat Antoinette Pienaar se hart laat bokspring, is dit klipkrale… maak nie saak of dit hier en daar al ‘n bietjie stukkend is nie. Ons plaas elke Sondag ‘n nuwe video van Antoinette op Bruis se Facebook-blad, ons webtuiste www.bruis.co.za en YouTube-kanaal Bruis – Afrikaanse tydskrif.

Antoinette gesels

BLOM WAAR JY GEPLANT WORD:
Antoinette Pienaar sê sy verbaas haar so aan ons mensdom wat so maklik ontevrede is met goeters… en dit is enigiets van jou hare wat te dun is of jou neus wat te krom is. Maar dan kom jy tot inkeer, en jy blom waar jy geplant is.

Antoinette gesels

SKOONHEID VAN WOORDE:
In vandag se video gesels Antoinette Pienaar van Theefontein oor die impak wat haar mamma se liefde vir woorde op haar gehad het.

Antoinette gesels

BLOEKOMBOOM:
As daar nou een ding is waaroor Antoinette Pienaar van Theefontein graag ‘n gedig wil skryf of ‘n musiekstuk wil komponeer, dan is dit die bloekomboom.

Antoinette gesels

VUUR:
Vuur het ‘n betowering van sy eie. In vandag se video deel Antoinette Pienaar van Theefontein haar liefde vir vuur met ons.

Antoinette gesels

Werfwerk is meer as net diere versorg en jou omgewing regruk, vertel Antoinette Pienaar van Theefontein in vandag se video. Jy gebruik ook al jou sintuie om jouself te reguleer. Ons plaas élke Sondag ‘n nuwe video van Antoinette

Antoinette gesels

As daar nou een ding is waaroor Antoinette Pienaar van Theefontein droom, is dit om een oggend die voordeur oop te maak en daar lê ‘n boksie wense vir haar en wag. In vandag se video vertel sy juis hoe haar ma vir haar en haar susters kleintyd stories gelees het en al die vreemde wense wat die karakters gemaak het. Ons plaas élke Sondag ‘n nuwe video van Antoinette. Hierdie video’s is ook beskikbaar op ons webtuiste www.bruis.co.za en Facebook. Kontak gerus vir Antoinette by info@karookruie.co.za. Geniet die video!

Antoinette gesels

Het julle geweet elke hoender het ‘n gesig? En ‘n persoonlikheid? In vandag se video vertel Antoinette Pienaar van Theefontein in die Karoo meer oor dié geveerde diertjies.

Vinette Ebrahim

Vinette Ebrahim gesels in die nuwe Bruis oor haar trek Kaap toe en haar rol in die daaglikse e.tv-drama, ‘Kelders van Geheime’. “Ons verfilm elke dag op ’n pragtige wynlandgoed, my karakter daag my uit en ek is naby my familie. Wat meer kan ’n mens vra?”

Antoinette gesels

In vandag se video gesels Antoinette Pienaar van Theefontein in die Karoo oor haar liefde vir hekke. Maar nie sommer enige hek nie, o nee, ‘n plaashek. En moenie vergeet nie, daar is ‘n spesifieke manier om ‘n hek oop en toe te maak.

Antoinette gesels

Vandag nooi ons jou om saam met Bruis by Antoinette Pienaar in haar Klein Wit Huisie op Theefontein in die Karoo te gaan kuier. Sy vertel ons meer van dié huisie, of haar hawe soos sy dit noem, waar sy vir 23 jaar saam met oom Johannes gewoon het voordat hy oorlede is. Sy wys ons ook die bene van ‘n kameelperd wat in die dak hang terwyl ‘n beesstert op die stoof prut.

Regardt van den Bergh gesels oor sy nuwe projek

Die akteur en regisseur Regardt van den Bergh was reeds ’n groot naam in die plaaslike rolprentbedryf toe hy 37 jaar gelede ’n Christen word. Op 71 is hy steeds passievol om God se Woord deur sy flieks uit te dra en betrokke by ’n nuwe multinasionale mediamaatskappy wat inhoud vir die Christengemeenskap skep.

Bruis in gesprek met Suzaan Steyn en Hein Kruger

Bruis begin môre met weeklikse podsendings, aangebied deur Suzaan Steyn. In die eerste reeks van agt podsendings oor finansies gesels sy met Hein Kruger van Kruger Internasionaal. Ons sal ‘n skakel na elke podsending op Facebook plaas.

Oom Johannes Willemse

Oom Johannes Willemse, 'n jagter van Theefontein, 'n veepos in die hartjie van die Karoo, was 'n absolute kenner op die gebied van kruie en die veld. Hy is in Desember oorlede, maar sy kennis leef voort in Antoinette Pienaar wat die afgelope 22 jaar by hom geleer het. Hier is 'n klankgreep van oom Johannes wat tydens 'n onderhoud met Bruis net voor sy afsterwe gedoen is.

Sonja Herholdt

Die immergewilde Sonja Herholdt vertel in Bruis meer oor haar musiekloopbaan en sy deel ook ‘n paar hoogtepunte uit haar persoonlike lewe.

Sonja Herholdt

Sonja Herholdt waar sy tuis voel… agter die klavier.

Sien meer

Trudie Myburgh Media

TM Media Logo
  • Egretstraat 2
  • Flamingo Vlei
  • Table View
  • Kaapstad 7441

082 603 8134

Webblad ontwikkel, onderhou en gehuisves deur Webcore Online Solutions © 2024, alle regte voorbehou.