Kom kuier saam met Bruis

Ons gaan weer saamkuier – en jý’s genooi! Kom vier die lente
en sommer ook die lewe saam met Bruis op drié besonderse geleenthede.

Hannes van Wyk

Antoinette Pienaar

Johan Liebenberg

Ewan Strydom

Magda Louw

HILLCREST RESTAURANT
DURBANVILLE
KAAPSE SKIEREILAND

Datum: Saterdag 14 September

Tyd: 10:00 tot 13:00

HILLCREST RESTAURANT
DURBANVILLE
KAAPSE SKIEREILAND

Datum: Saterdag 14 September

Tyd: 15:00 tot 17:45

CELEBRATIO-GRANAATPLAAS
TUSSEN OUDTSHOORN
EN CALITZDORP

Datum: Saterdag 19 Oktober

Tyd: 10:00 tot 13:00

Koste: R480 per persoon

Ons Kaapse kuieroggend het so vinnig vol bespreek dat ons besluit het om nóg ’n geleentheid aan te bied. Daar is dus nou DRIE kuiers – twee by die Hillcrest Restaurant in die Durbanville-wynvallei (oggend en middag) en een op die Celebratio-granaatplaas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp.

Moenie hierdie geleenthede misloop nie – die program sluit topgehalte-sprekers en -vermaak, verruklike eetgoed, wonderlike pryse, geskenke en hope verrassings in!

Topsprekers en -vermaak

Hannes van Wyk, gewilde akteur en aanbieder van die televisieprogramme Kwêla en Hannes aan Huis, is een van die sprekers. Hy gaan ook sy eie parfuum vir mans en vroue amptelik op ons kuiers bekend stel. Antoinette Pienaar, inspirerende kruiekenner van Theefontein in die Karoo, is ook ’n spreker. Dis ’n belewenis om na haar te luister! Die sanger Johan Liebenberg gaan gaste op die oggendkuiers vermaak en Antoinette Pienaar gaan op die middaggeleentheid sing. Ewan Strydom, aanbieder van die kykNET-programme Bravo en Plaasjapie,
is ons seremoniemeester op die Kaapse kuiers en Desiré Gardner as die skreeusnaakse Magda Louw op die oggend in die Klein-Karoo.

BESPREEK JOU KAARTJIE SÓ:

Jy kan op een van drie maniere plek bespreek:

  • Stuur ’n e-pos na bruis@bruis.co.za – merk dit Bruis Kuier Kaap of Bruis Kuier Klein-Karoo
  • Stuur ’n WhatsApp na 063 065 4875
  • Bel Sandra by 063 065 4875.

Bespreek jou plek nóú … ons sien uit om jou daar te hê!

WIL JY ’N STALLETJIE BESPREEK?

Om ’n stalletjie te bespreek: