Kom kuier saam met Bruis

… op twéé oggende!

Ons gaan weer saamkuier – en jý’s genooi! Kom vier die lente
en sommer ook die lewe saam met Bruis op twéé besonderse oggende.

Hannes van Wyk

Antoinette Pienaar

Johan Liebenberg

Ewan Strydom

Magda Louw

HILLCREST RESTAURANT
DURBANVILLE
KAAPSE SKIEREILAND

Datum: Saterdag 14 September

Tyd: 10:00 tot 13:00

Koste: R480 per persoon

CELEBRATIO-GRANAATPLAAS
TUSSEN OUDTSHOORN
EN CALITZDORP

Datum: Saterdag 19 Oktober

Tyd: 10:00 tot 13:00

Koste: R480 per persoon

Bruis se kuieroggende was die afgelope twee jaar so gewild dat ons vanjaar twéé geleenthede in die lente gaan aanbied – by die Hillcrest Restaurant naby Durbanville in die Kaapse Skiereiland en op die Celebratio-granaatplaas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp.

Dit gaan onvergeetlike kuiergeleenthede wees met dieselfde topgehalte-program by elke oggend – en ook verruklike eetgoed, wonderlike pryse, geskenke en hope lekker verrassings!

Topsprekers en -vermaak

Hannes van Wyk, gewilde akteur en aanbieder van die televisieprogramme Kwêla en Hannes aan Huis, is een van die sprekers. Antoinette Pienaar, inspirerende kruiekenner van Theefontein in die Karoo, gaan ook weer vanjaar as spreker optree. Diegene wat haar verlede jaar by Bruis se kuieroggend gehoor het, was in vervoering oor haar uitstekende praatjie. Tussendeur die praatjies en lekker eet gaan Johan Liebenberg gaste op ’n keurspel van Neil Diamond-treffers vermaak wat die voete behoorlik gaan laat jeuk. Ewan Strydom, aanbieder van die kykNET-programme Bravo en Plaasjapie, is ons seremoniemeester op die Kaapse oggend en Desiré Gardner as die skreeusnaakse Magda Louw van kykNET-faam op die oggend in die Klein-Karoo. 

BESPREEK JOU KAARTJIE SÓ:

Jy kan op een van drie maniere plek bespreek:

  • Stuur ’n e-pos na bruis@bruis.co.za – merk dit Bruis Kuier Kaap of Bruis Kuier Klein-Karoo
  • Stuur ’n WhatsApp na 063 065 4875
  • Bel Sandra by 063 065 4875.

Bespreek jou plek nóú … ons sien uit om jou daar te hê!

WIL JY ’N STALLETJIE BESPREEK?

Om ’n stalletjie by een of albei kuieroggende te bespreek: