Bruis
word vyf
Kom kuier saam!
Ons hou in die lente ’n Kaapse kuieroggend
– en jy’s genooi!

Ina Paarman

Germandt Geldenhuys

Hannes van Wyk & Coenraad Rall

Ewan Strydom
EENSGEZIND-VENUE
KLIPHEUWELPAD
DURBANVILLE
KAAPSTAD
Datum: Saterdag 13 September 2025
Tyd: 09:00 tot 13:00
Koste: R560 per persoon
Die kaartjies sluit ’n laatontbyt met ’n heerlike spyskaart in.
Bruis is in September vanjaar vyf jaar oud – kom vier dit saam met ons op ’n baie spesiale kuieroggend by die pragtige Eensgezind-venue naby Durbanville in die Kaapse Skiereiland.
Jy mag dit nie misloop nie! Dit gaan ’n besonderse geleentheid wees met ’n uitsonderlike program, verruklike eetgoed, wonderlike pryse en geskenke, en boonop geliefde legendes wat kom saamkuier.
Hannes van Wyk, gewilde akteur en aanbieder van die televisieprogramme Kwêla en Hannes aan Huis, en die bekende pianis Coenraad Rall gaan ’n spesiale voordrag- en-musiekvertoning lewer. Ina Paarman, koslegende en sakevrou van formaat, gaan kosbare wenke, geheime en staaltjies met ons deel uit haar ryke ervaring in die wêreld van gehaltekos. Germandt Geldenhuys, wat die rol van Louis Koster in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk, gaan ons weer met sy fenomenale sang vermaak.
Ewan Strydom, aanbieder van die televisieprogramme Bravo en Plaasjapie, is ons seremoniemeester.
BESPREEK JOU KAARTJIE SÓ:
Jy kan op een van drie maniere plek bespreek:
- Stuur ’n e-pos na bruis@bruis.co.za – merk dit Bruis Kuier
- Stuur ’n WhatsApp na 063 065 4875
- Bel Sandra by 063 065 4875.
Bespreek jou plek nóú … ons sien uit om jou daar te hê!
WIL JY ’N STALLETJIE BESPREEK?
Om ’n stalletjie te bespreek:
- Stuur ’n e-pos na marilie@bruis.co.za
- Stuur ’n WhatsApp na 083 446 2599
- Bel Marilie by 083 446 2599.