Bruis verjaar…

Kom kuier saam!

Bruis verjaar – kom vier dit saam met ons op die pragtige Celebratio-granaatplaas naby Oudtshoorn.

Datum: Saterdag 16 September

Plek: Celebratio-granaatplaas, 30 km buite Oudtshoorn

Tyd: 10:00 tot 13:00

Koste: R400 per persoon

Bespreek: Sandra 063 065 4875

Bruis word drie! Om ons verjaardag te vier en ook sommer die lewe en die lente, bied ons ’n heerlike kuieroggend en laatontbyt aan in die pragtige Klein-Karoo met Amore Bekker, gewilde radio-omroeper en motiveringspreker, en Antoinette Pienaar, kruiekenner,
as sprekers. Die program is propvol hoogtepunte!

Jannie Moolman gaan gaste met sy fenomenale sangstem vermaak en Amy Kleinhans-Curd, voormalige Mej. Suid-Afrika, gaan ’n nuwe reeks granaatskoonheidsprodukte bekend stel.
Die befaamde akteurspaar Johan en Lida Botha is ons eregaste.

BESPREEK OP EEN VAN DIÉ MANIERE

E-pos: Stuur ‘n e-pos na bruis@bruis.co.za
merk dit Bruis Kuier of

WhatsApp: 063 065 4875

Bel: Sandra 063 065 4875

Bespreek jou plek nóú! Ons sien uit om jou daar te hê!

OP DIE SPYSKAART

Die kaartjies sluit ’n laatontbyt met ’n verruklike spyskaart in. Gaste word by hul aankoms met Karoo Wonderful-granaatsap en gin van Grundheim verwelkom.

● Dubbeldik jogurt met bessies en granaatstroop
● Quiche met botterskorsie, fetakaas en peppadew
● Rösti met roomkaas, salm en avokado
● Bruschetta gestapel met peperonata
● Klein hoendersosaties met grondboontjiebottersous
● Peppermint Crisp-kelkie
● De Krans se wyn en granaatsap
● Koffie en tee

PRYSE EN GESKENKE

Gaste kan ook uitsien na gelukstrekkings met wonderlike pryse wat gewen kan word, onder meer:

● ’n naweek vir twee op die private natuurreservaat Bosch Luys Kloof in die Seweweekspoort
● Ina Paarman-produkte en haar nuwe kookboek
● olyfolie van Waterleliefontein naby Botrivier
● organiese groentesaad en tuinprodukte van Sought After Seedlings
● produkte van Laastedrift-boerdery naby Ceres
● boeke van NB-Uitgewers
● natuurlike Karoo by Amy-skoonheidsprodukte van Karoo Pak
● … en veel meer!

Elke gas sal ook ’n geskenksakkie vol verrassings kry.