Bruis se Kuieroggend

Oktober 2022

Datum: Saterdag 22 Oktober

Plek: Muratie-wynlandgoed naby Stellenbosch

Tyd: 10:00 tot 13:00

Koste: R300 per persoon

Navrae: 063 065 4875

Spesiale gaste: Carel Trichardt en Petru Wessels

Kaartjies is uitverkoop.

Stuur e-pos na bruis@bruis.co.za vir navrae.

Bruis verjaar – kom kuier saam!

Om ons verjaardag te vier en ook sommer die lewe en die lente, bied ons ’n heerlike kuieroggend en laatontbyt aan in die skilderagtige Kaapse Wynlande met Amore Bekker, RSG-omroeper, en dr. Liana Roodt, kankerspesialis, as sprekers – en Valiant Swart gaan sing!

Die kaartjies sluit ’n laatontbyt met ’n liplek-lekker spyskaart in – van jogurt en muesli, muffins met kaas en konfyt, tertjies met geroosterde groente en bokmelkkaas, bocconcinistokkies met basiliesous, hoenderrepies, samoesas, ciabatta, kouevleise, piekels, kase, vrugtestokkies en koeksisters tot Belgiese sjokolade, vrugtesap en gin.

Gaste kan ook uitsien na geluksprystrekkings met wonderlike pryse wat gewen kan word – onder meer Ina Paarman-produkte, getekende boeke van Rudie van Rensburg, ’n besonderse keramiekbak van Mervyn Gers, Muratie-wyn en veel meer. Elke gas sal boonop ’n geskenkpakkie vol verrassings kry.

SPREKERS

Amore Bekker

RSG-omroeper

Dr. Liana Roodt

Kankerspesialis

SANGER

Valiant Swart